Hulp met immigrasie na New Zealand

Monday, October 02, 2006

www.kiwiboer.co.nz

"KOM KYK" TOERE NA NEW ZEALAND

ENGLISH TRANSLATION FOLLOWS AFRIKAANS SECTION
- PLEASE SCROLL DOWN
-

Wil jy eers die kat uit die boom kom kyk voordat jy die groot sprong van immigrasie vat of wil jy maar net kom kyk hoe New Zealand lyk en waaroor almal so gaande raak?

Weet jy nie hoe om te werk te gaan om alles te sien en alles te wete te kom as jy eers hier is nie?

Sien nie kans vir die moeite om verblyf, vervoer en toere te rëel nie?

Ons sal al die sorge uit jou hande neem met ons LSD-toere (LSD = Look, See & Decide) deur na jou om te sien van die oomblik dat jy by Auckland-lughawe afklim tot jy weer op die vliegtuig klim.

Ons bied jou 'n geleentheid om in 5 dae en 6 nagte soveel van New Zealand te sien en te ervaar as wat menslik moontlik is om jou te help om 'n goed ingeligte besluit te neem aangaande werk in of immigrasie na New Zealand.

Ons "Kom Kyk toere" is pasmaak-toere wat rondom ons kliënte, hulle behoeftes en tye gebou word. Ons gaan uit ons pad om dit vir ons gaste so maklik, gemaklik en ontspanne as moontlik te maak. Die gaste bepaal die tempo en die toere kan aangepas word om by die gaste se behoeftes te pas. Ons het nie 'n vasgestelde toerskedule nie en toere word gereël op bespreking en rondom die gaste se vlugtye.

Die toerpakket sluit die volgende in:

1. 'n Splinternuwe, luukse gastehuis met privaat sitkamer en ensuite badkamer in elke slaapkamer. 'n Waskamer ("laundry"), braaigeriewe, satteliet-TV is tot die gaste se beskikking. Die privaat sitkamer het ook geriewe ("kitchenette") om koffie/tee en ligte etes te maak.

of

2. 'n Selfonderhoudende snoesige kothuis in 'n tuin atmosfeer met 'n fantastiese uitsig oor die Waikatorivier en perdeplase. Twee gemaklike kamers - een met 'n Koningin= grootte bed en die ander met twee enkelbeddens. Oop plan kombuis/sitkamer met TV, CD/Radio, mikrogolf, yskas en stoof. Groot badkamer.

(Tipe akkommodasie sal afhang van die beskikbaarheid by tye van die bespreking).

Sou u tussen etes 'n bietjie honger voel het ons 'n mandjie met versnapperinge (grondboontjies, vrugtesap, soutbeskuitjies, koekies en "snack bars") in die bussie waarvan u gratis kan geniet om die honger te stil of u energie aan te vul.

Gevestigde immigrante gaan hulle inligting en ervarings met jou deel oor alles wat jy graag wil weet van immigrasie tot alledaagse lewe in NZ.

Van skole en kinders tot mediese dienste en kraamverlof en van PR-aansoeke tot hoe om 'n huis te huur of te koop sal ons jou vertel.

Ons deel ons plaaslike kennis met jou en bring jou in kontak met mense wat jou aanpassing makliker kan maak en al jou vrae kan beantwoord. Ons gaan jou wys hoe lyk die skole, hospitale, winkelsentrums, parke en universiteite en enige ander plekke wat jy graag wil sien.

Jy sal alles weet oor pensioen en burgerskap en waar om ondersteuning te kry as jy vasdraai.

Jy sal geen vrae meer hê na hierdie toer nie!!

Maak solank jou lysie!

Toere word slegs per bespreking gedoen. Pryse is per persoon wie 'n kamer deel. Ons kan ongelukkig nie enkelbesprekings doen nie en alle besprekings moet vir 2 persone wees wat 'n kamer deel.

KINDERS OP TOER: Die toere is slegs vir Volwassenes en kinders ouer as 10 jaar. Dit is ons ervaring dat die vinnige pas van die toere te veel is vir kinders onder 10 en dat hulle dit geweldig uitputtend vind en nie kan bybly nie.

GROEP AFSLAG: 'n Groep afslag van 15% is van toepassing op besprekings van groepe van 4 persone.

Indien u na die toer nog 'n dag of twee langer in die gastehuis wil aanbly sal ons met graagte vir u 'n gratis kwotasie daarvoor gee.

By ontvangs van jou bespreking verwag ons 'n deposito van 25% van die toerfooie en die res nie later as 30 dae voor jou vertrek na NZ nie.

PRYS:

' n 5-dag (6 nagte) toer-pakket vir Auckland en die sentrale Noord-Eiland beloop NZ $1150*** per persoon (sluit NIE u vliegtuigkaartjies in NIE). (NZ $1150 = ongeveer R6325 met 'n wisselkoers van NZ $1 = R5.50c). Kliek hier om te sien wat die wisselkoers op hierdie oomblik is.

Kontakbesonderhede:

Louwrens van der Merwe

P.O. Box 559

Cambridge 3450

New Zealand

E-mail:

buladesigns@gmail.com

Die volgende is NIE ingesluit by die toerprys nie:

- Jou vliegtuigkaartjie na en van NZ.
- Aandetes.
- Versekering (Medies & Reis).
- Toegangsfooie by toeristeattraksies.
- Sterk drank & koeldrank.
- Spesiale dienste soos droogskoonmaakdienste en was-en strykdienste.
- Telefoonoproepe.
- Lughawe belasting (Airport Tax) $30.

* Sou jy verkies om na jou 5 dae by ons jou toer in Auckland voort te sit sal ons jou by jou gastehuis /hotel /motel in Auckland besorg eerder as by die lughawe.

** Ons behou die reg voor om dagtoere op kort kennisgewing te verander na gelang van omstandighede. Dagtoere sluit ook nie die koste van toegangsgelde by toeristeattraksies en etes in nie.

*** Koste van toere is in NZ Dollar en die SA Rand/NZ Dollar wisselkoers wat van toepassing is op betalings is die wisselkoers wat geld op die dag wat die betaling gemaak word. Terme en pryse kan sonder vooraf kennisgewing verander word totdat dit bevestig is.

Kansellasiefooi

- Kansellasie van 'n toer 30 dae of langer voor die aanvang van die toer: 'n 5% Kansellasiefooi sal van toepassing wees.

- Kansellasie van 'n toer tussen 21 en 29 dae voor die aanvang van die toer: 'n 20% Kansellasiefooi sal van toepassing wees.

- Kansellasie van 'n toer tussen 14 en 20 dae voor die aanvang van die toer: 'n 30% Kansellasiefooi sal van toepassing wees.

- Kansellasie van 'n toer tussen 7 en 13 dae voor die aanvang van die toer: 'n 50% Kansellasiefooi sal van toepassing wees.

Kansellasie van 'n toer minder as 6 dae voor die aanvang van die toer: 'n 80% Kansellasiefooi sal van toepassing wees.

LW: 'n Verskuiwing/verandering van toerdatums sal nie as 'n kansellasie gesien word nie, maar 'n 4% Admin fooi sal gevra word. 'n Toerdatum kan slegs een keer verskuif/verander word , daarna sal dit as 'n kansellasie gesien word. Toere wat gekanselleer word na die toerdatum verskuif/verander is sal as 'n kansellasie van minder as 6 dae gesien word en 'n 80% kansellasiefooi sal van toepassing wees.

LW: Ons behou die reg voor om toerpakette en pryse te verander sonder vooraf kennisgewing. Toere waarvan die deposito betaal is voordat die veranderings / prysverhogings in werking getree het is vrygestel van enige prysverhoging.


OPDATEER OP 2 FEBRUARIE 2010



LSD-tours (Look, See & Decide) to New Zealand.


Do you want to test the water before you decide to commit yourself to immigration or feel that you need a holiday in clean and green New zealand?

Unsure of how to go about what to do, and see when you get here?

Don't want the hassle of having to organise transport, tours and accommodation?

We will take all the worries off you hands with our LSD tours. (LSD= Look, See ,Decide) We will take care of you from the moment you get off the plane in Auckland till you board it again.

We offer you the opportunity of seeing as much as possible of New Zealand during the 5 days and 6 nights you are here. This will help you make informed decisions regarding work and/or immigration to New Zealand.

This Look, See visit is much more than a "Backpackers" or "Campervan" experience. We will do our best to make this experience as easy, comfortable and relaxing as possible for you. You determine the pace of the tour, and day trips can be adjusted to suit your needs.

The travel package includes the following:

1. a Brand new, luxurious guesthouse with a private lounge and ensuite bathroom in each bedroom. A laundry, barbeque and satellite TV is available to the guests. The lounge also has a kitchenette where coffee/tea and light meals can be prepared.

or

2. a Self-contained cosy cottage in a garden setting with spectacular views over Waikato River and farmland. Two comfortable bedrooms – one queen size and the second with two singles. Open plan kitchen/lounge with TV, CD/Radio, microwave, fridge, hotplates and mini oven. Generous sized bathroom.

(Type of accommodation will depend on availability at time of booking).

Should you feel peckish between meals, you can simply help yourself to a free snack from our "snack box" (peanuts, cookies, crackers, fruit juice & snack bars) anytime during the tour.

We will tell you everything you need to know about schools and children, medical services, PR- applications, and how to rent or buy a house.

We will share our local knowledge with you and can introduce you to people who can help make your transition as easy as possible.

We will show you the schools, hospitals, shopping malls, parks and universities, and any other places you would like to see.

You will know everything about their pension plans and citizenship and where to find support if you have any trouble.
You will not have any questions after this tour.

Start making you list!


Tours are available by advance reservation only.

The price is per person sharing.

Unfortunately, we cannot take single bookings; all bookings must be for 2 people, who will share a room.

CHILDREN ON TOUR: The tour is for Adults and children ages 10 or older only. It is our experience that the fast pace of the tour is very tiring and that children under 10 find it very exhausting and diffficult to keep up.

GROUP DISCOUNT: A group discount of 15% is applicable on bookings for a group of 4 people.

If you wish to stay in the guesthouse for a day or two after the trip has finished, we will gladly give you a free quote.


On confirmation of your booking we require a 25% deposit and the remaining amount no less than 30 days before your departure.

PRICE:

A 5 day (6 nights) travel package for Auckland and the central North Island will be NZ$1150*** per person (this does NOT include airfares) ( NZ$1150= approximately R6325 with an exchange rate of NZ$1 = R5.50c) Click here to view the current exchange rate.

Contact details:

Louwrens van der Merwe

P.O. Box 559

Cambridge 3450

New Zealand

E-mail:

buladesings@gmail.com


The following are NOT included in the cost of the trip/visit:

- Your airfares to and from NZ
- Dinner.
- Insurance (Travel and Medical)
- Entry fees at tourist attractions.

- Alcohol or Soft Drinks.
- Special services such as dry cleaning or professional laundry services.
- Phone calls
- Airport Tax $30


*If you choose to extend your visit in Auckland, after your five day visit with us, we will take you to your guesthouse/ hotel/ motel rather than the airport.

**We retain the right to change the day trips on short notice, depending on the circumstances. Day trips do no include entry fees at tourist attractions or meals.

*** The cost of the tour is quoted in NZ Dollar and the exchange rate that applies to the payment will be the rate that is current on the day the payment is made. Terms and rates are subject to change without notice until confirmed.

Tour Cancellation and Refund Policy


- Cancellation more than 30 calendar days before the tour begins : You will be charged a 5% cancellation fee.


- Cancellation between 21 and 29 calendar days before the tour begins: You will be charged a 20% cancellation fee.


- Cancellation within 14 and 20 calendar days before the tour begins : You will be charged a 30% cancellation fee.

- Cancellation within 7 and 13 calendar days before the tour begins : You will be charged a 50% cancellation fee.

- Cancellation less than 6 days before the tour date : You will be charged a 80% cancellation fee.

NB: a Change of tour dates will not be seen as a cancellation but will incur a 4% admin fee. A Tour date can only be changed once before it will be treated as a cancellation. 'n Tour which is cancelled after the original date has been postponed / changed will be treated as a cancellation of less than 6 days and you will be charged a 80% cancellation fee.

Because the operation of tours requires extensive long-term planning, costs are incurred long before the
actual departures. Many of our suppliers/service providers require non-refundable deposits in advance of travel in order to secure low rates.

NB: We reserve the right to change tour packages and prices at any time without prior notice. Tours for which deposits were paid before any increase in price will be exempt from price increases made after the date of the deposit.


UPDATED - 2 FEBRUARY 2010


This page is powered by Blogger. Isn't yours?